|
Die voorsiening van opvoedkundige en sosiale doelstellings, oogmerke en insette vir elke leerder wat hulle sal help met die ontwikkeling van hul maksimum potensiaal. Dit sal bereik word deur effektiewe en relevante onderrig in Afrikaans. Die skool is voorts ook verbind tot ’n eerlike, sterk werksetiek, ouerbetrokkenheid en respekteer die regte van elke leerder en rolspeler wat betrokke is by die skool.
- Onderrig sal geskied vanuit 'n Christelike Perspektief.
- Hoë akademiese standaarde gehandhaaf sal word.
- Personeel bekwaam en kundig sal wees.
- Leerders fisies ontwikkel sal word.
- Leerders as kulturele wese ontwikkel sal word.
- Leerders gemotiveer word om hulle volle potensiaal te bereik.
- Ouers 'n intergrale rol as prominente deel van die opvoedingspan sal speel.
- 'n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat geskep word.
Laerskool La Hoff beskik oor 'n goed toegeruste Hulpsentrum wat bestaan uit 'n Ortodidaktikus, Arbeids - en Spraakterapeute en Remediërende onderrigsentrum.
Skoolgelde word jaarliks, na die afloop van 'n ouervergadering, deur die Beheerliggaam vasgestel. Hierdie syfers is per telefoon beskikbaar by die Finansiële Beampte van die skool.
|