Epos ons hier!
Ons Webblad.
Tuisblad
Bordkryt
Rooipen
Omsendbriewe
Kwartaalprogramme
Hoërskole
Algemeen
Geskiedenis
Akademie
Sport & Kultuur
Motiveringstelsels
Inskrywings
Foto Albums
Kontak ons
Ons Geskiedenis.

 

Ons Skoollied.

Daar’s ‘n oproep tot oorwinning uit ons eie Wes-Transvaal.
In La Hoff-skool gaan ons saamwerk aan ons grootste ideal.
Ons is baie jonk maar yw’rig om ons taak hier te verrig
want die kennis bring mos vryheid –
vryheid uit die engte en die vrees, ja vrees.
Skep vir ons ‘n ruimer gees.

 

Agtergrond.

Dit was ook so vroeg as 1966 dat planne beraam is vir afstigting van ‘n nuwe skool uit die reeds oorvol Laerskool Saamtrek. Hierdie skool sou geleë wees in ‘n nuwe woonbuurt, La Hoff, wat op daardie stadium uit ‘n paar plotte, woonhuise en weivelde bestaan het. Twee jaar later, op 15 Januarie 1968 is hierdie wens vervul en het die skooltjie La Hoff met 226 leerlinge begin. Die eerste Waarnemende Hoof was Mnr. G.S. Schultz en die Vise-hoof was Mnr. J.G. Sassenberg; met altesaam 10 leerkragte en een sekretaresse. Die skooltjie was gevestig op ‘n oop stuk veld op die hoek van De Waal en Amandastrate. Dit het bestaan uit 10 tydelike klaskamers, ‘n kunsklas, biblioteekklas en kantore.

Mnr. J.G. Sassenberg is op 29 Junie 1968 aangestel as die eerste permanente hoof. Op 4 Julie 1970 het die skool sy amptelike naam gekry, naamlik Laerskool La Hoff. Op 9 November 1976 is daar oor die skooldrag besluit en die skoolkleure: rooi, swart en ougoud is vasgestel. Die skool se leuse is “Kennis is Vryheid.

Op 9 Augustus 1977 het die dag aangebreek en is die nuwe geboue betrek. Teen 26 Mei 1978 vind die amptelike inwyding van die skool plaas. Prof. Du Toit, destyds adjunk Direkteur van Onderwys, het tydens die geleentheid ‘n gedenkplaat onthul.

Na die skielike afsterwe van Mnr Sassenberg is Mnr. S.P. van der Lith aangestel is as die tweede permanente hoof van die skool op 1 Augustus 1987.

Met die bevordering van Mnr. S. P. van der Lith as Superintendent van Onderwys is het Mnr J.P. Badenhorst waargeneem waarna Mnr. A.F.W. Behrens aangestel is op 1 April 1997 as die derde hoof van die skool.

 

 

 

 

 

 

   
   
  Na bo
   
  La Hoff 2011.
   
   
激安 DVD 販売 DVD dvdラベル 日本ドラマ DVD 日本アニメ DVD 韓国ドラマ DVD 海外ドラマ DVD 映画 DVD 文化芸術 DVD お笑い系 DVD フィットネス DVD LIVE DVD ほかの商品 DVD 青春不敗~G7のアイドル農村日記~ DVD BOX G7のアイドル農村日記 DVD さまぁ~ず×さまぁ~ず DVD 落語 DVD アメトーーク! DVD 江頭2:50のピーピーピーするぞ! DVD BOX 江頭2:50 DVD まんがふるさと昔話 西日本 DVD BOX 大輔宮川のすべらない話 DVD 笑う犬の冒険 スーパーベスト シーズン Vol.1~5 DVD BOX 笑う犬の冒険 DVD オレたちひょうきん族 1981~1989 DVD BOX オレたちひょうきん族 DVD 8時だョ!全員集合 最終盤 DVD BOX 8時だョ!全員集合 DVD