|
Deur middel van Klub + poog onderwysers om die lewensuitkyk van leerders te verander sodat hulle die lewe meer positief kan benader. Dit word gedoen deur leeders eerder te beloon vir goeie gedrag as op net negatiewe gedrag en straf te hamer.
Dissipline word vandag geag as een van die grootste probleme waarmee skole vandag te kampe het. Kinders verwerp tradisionele dissipline, gesagstrukture word ondermyn en ouers word self minder betrokke by hul kinders se aktiwiteite
Hierdie tendens lei tot ambisielose jongmense wie se deursettingsvermoë taan. Hulle word selfs bang om te waag. Die Suid Afrikaanse Skolewet van 1996 vereis dat skole 'n gedragskode moet hê om die hantering van dissipline te handhaaf. Negatiewe gedrag kry egter, omdat dit dalk bloot menslik is om net die verkeerde raakte sien, in bestaande gedragskodes by baie skole meer aandag. Met so 'n negatiewe impak op dissipline toon leerders later gedrag wat daarop aandui dat hulle niks reg kan doen nie.
Deur middel van Klub + poog onderwysers om die lewensuitkyk van leerders te verander sodat hulle die lewe meer positief kan benader. Dit word gedoen deur leeders eerder te beloon vir goeie gedrag as op net negatiewe gedrag en straf te hamer. Klub + kan seker nie die wêreld verander nie, maar ons wil mense in die skool omgewingmeer positief beinvloed sodat ons kinders graag bekend sal staan as mense met 'n gesonde lewenshouding wat saam kan lag en voluit leef! Met die konsekwente toepassing van hierdie positiewe motiveringstelsel, kan 'n bydra gelewer word tot die vorming en afronding van leerders met lewensin deur die ervaring van 'n positiewe werksingesteldheid en lewenskwaliteit wat gelukkige leerders 'n goeie toekoms sal en kan verseker.
-
Probleme met dissipline word tot die minimum beperk;
-
'n Positiewe skoolomgewing word geskep;
-
'n Aangename klasatmosfeer heers wat onderwysers meer positief instel teenoor die leerproses;
-
Leerders wat geen of min punte verdien by spesifieke onderwysers maar weer by ander onderwysers punte verdien, word ondersoek. Sodoende word persoonlikheidsbotsings tussen onderwysers en leerders ondervang en uitgesorteer;
-
'n Historisiteitsbeeld van elke leerder word saamgestel wat as hulpmiddel kan dien tydens onderwyser - ouer - leerderonderhoude;
-
Kontrolestelsels in Klub + maak voorsiening daarvoor om sakemanne wat betrokke is by Klub + te nader om as borge op te tree.
-
Positiewe eienskappe van die leerder word aangemoedig.
-
Besighede betrokke het geen finansiële uitleg nie!
-
Die skool stuur leerders na u toe, dus voete in u onderneming!
-
Ouers en maats spandeer nou ook as hulle in die winkel is, dus groter omset!
-
Leerders besoek ondernemings op aandrang van die skool, dus advertensie-potensiaal!
-
Leerders verdien kredietpunte vir elke onderneming wat besoek word, dus "gedwonge" klandisie!
Hierdie stelsel maak voorsiening dat daar op 'n gesonde basis kompetisie tussen klasse plaasvind. Hier speel die inset van die onderwyser ook 'n baie groot rol. Wenklasse word op 'n weeklikse basis aangekondig en wenners verdien voordele elke week.
Klasse kompeteer in die volgende afdelings:
- Skoolbesoek
- Fondsinsameling
- Afskeurstrokies
- Lojaliteit
- Akademie (Graad 4-7)
- Algemene kennis
|